Chordyes

Liefling

Liefling Lyrics by Emile Minnie

Bpm: 120 Released: 1 Aug 2018 Album: Ongekende Wêreld Intro Verse 1 Liefling, Jy Is Soos Die See Vir My, Ek Baljaar In Jou Dieptes, Jou Liefde ‘N Stroom, En Somtyds Wonder Ek Waar Gaan Ons Heen, Is Alles Net Fiksie? Is Jy Net ‘N Droom? Chorus Maar Die Glimlag In My Hart Is Eg, As Ek By Jou Lê En Dit Voel So Reg, As Ons Asems Een Word, Jou Hart Begin Te Klop Hier Binne My, Ek Maak My Oë Toe, En Ek Sien, Hoe Liefde, Salig, Onverdiend, ‘N Mens Se Hart Kan Binnestroom En Altyd Daar Kan Bly. Verse 2 Liefling, Jy Is Soos Die Lug Vir My, Ek Sweef Op Jou Vryheid, Jou Liefde Die Maan, Vir Altyd, Sal Jou Wese In My Bly, Twee Geesgenote, Ons Pad Saam Gebaan. Instrumental Outro Liefling, Jy Is Soos Die Lug Vir My, Ek Sweef Op Jou Vryheid, Jou Liefde Die Maan, Vir Altyd, Sal Jou Wese In My Bly, Twee Geesgenote, Ons Pad Saam Gebaan.