Released: 13 June 2020
Note: All These Songs Are Also On Ug As Individual Tabs. Most With Links To The
Tabbed Version.
Tabbed By
1. Vasbyt 2:58 Doheuvel
2. Jan Tuisbly 4:10 Doheuvel
3. Sirkel 2:51 Doheuvel
4. Aanvaar Ek Jou 4:46 Doheuvel
5. Nuwe Normaal 4:16 Doheuvel
6. Song Vir Jou 3:29 Doheuvel
7. Hester Charlotte Goosen 3:42 Doheuvel
8. Die Heel Eerste Tree 4:36 Doheuvel
9. ’N Nuwe Dag 3:04 Doheuvel
10. Mooiweer 3:30 Doheuvel
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
1) Vasbyt
Chorus
N.c.
Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
N.c.
Aan Die Einde Van Die Reënboog,
N.c.
Het Die Goud Pot Lankal Verdwyn,
N.c.
Ja Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
N.c.
Is Die Lig In Die Tonnel,
N.c.
Die Trein Na Vredefontein?
Verse 1
Als Is Vir My Te Veel,
Ek Voel In Duisende Stukke Gedeel,
Ek Kom Moeg En Tam By Die Huis,
Gestres Deur Die Verkeer Se Gedruis.
Verse 2
Ek Is Omring En Tog Alleen,
Bekend En Nogtans Vreemd,
Ek Dink Ek Het Die Bus Gemis,
Soos 'N Paspoortlose Toeris.
Chorus
Maar Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
Aan Die Einde Van Die Reënboog,
Het Die Goud Pot Lankal Verdwyn,
Ja Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
Is Die Lig In Die Tonnel,
Die Trein Na Vredefontein?
Verse 3
Ek Is Moeg Vir Ons Land Se Tjol,
Ek Wil My Goedjies Vat En Iewers Heen Hol,
Maar Teen Die Wisselkoers Van Dollar En Pond,
Lyk Ons Ou Randjie Maar Bra Ongesond.
Verse 4
En Die Leiers Van Elke Land,
Met Volstruiskoppe Diep In Die Sand,
Ons Is Te Veel Mense Op Die Planeet,
Maar Hulle Maak Of Hulle Niks Daarvan Weet Nie.
Chorus
Maar Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
Aan Die Einde Van Die Reënboog,
Het Die Goud Pot Lankal Verdwyn,
Ja Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
Is Die Lig In Die Tonnel,
Die Trein Na Vredefontein?
Verse 5
Ek Het Eindelik Liefde Gevind,
Ek Weet Nou Hoekom Huil Die Wind,
Want Die Liefde Maak Jou Soms Seer,
En Teen Daai Eina Is Daar Geen Verweer Nie,
Chorus
Maar Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
Aan Die Einde Van Die Reënboog,
Het Die Goud Pot Dalk Weer Verskyn,
Ja Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
Is Die Lig In Die Tonnel,
Die Trein Na Vredefontein?
Outro
Maar Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
Aan Die Einde Van Die Reënboog,
Het Die Goud Pot Dalk Weer Verskyn,
Ja Ek Gaan Vasbyt, Vasbyt,
Is Die Lig In Die Tonnel,
Die Trein Na Vredefontein?
Die Trein Na Vredefontein,
Die Trein Na Vredefontein.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
2) Jan Tuisbly
Note: * Na Een Akkoord Beteken Akkoord Één Keer Aanslaan.
Intro
Verse 1
My Hele Lewe Lank Wil Ek Behoort Aan 'N Span,
Om 'N Drie Te Druk, 'N Ses Te Slaan, Te Wys Dat Ek Kan,
My Hele Lewe Lank Wil Ek Behoort Aan 'N Groep,
Maar Elke Keer Hoor Ek Die Stem Van Die Enkel Pad Wat Roep.
Verse 2
Op Skool Was Ek 'N Jaar Lank Op Die Rugbyveld,
Maar Die Kere Wat Ek Aan Die Bal Geraak Het,
Kan Ek Op My Een Hand Tel,
Ek Was Dapper Op Die Hokkie Baan En Het Ook Tougetrek,
Maar Ek Was Heeltyd Op Reserwe, Dit Het My Opgecrack,
Chorus
En Uiteindelik Het Ek Vrede Gemaak Met Die Vreemdeling In My,
Ek Dans Op Die Ritme Van My Eie Drom,
Ek Sal Nooit In Die Trop Kan Bly Nie,
En Uiteindelik Het Ek Vrede Gemaak Met Die Enkeling In My,
'N Koppie Tee En 'N Boek Is Genoeg Vir My,
So Ek Gaan Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry.
Verse 3
Op Kultuurgebied Het Ek Hard Probeer Om Uit Te Blink,
Maar Elke Bootjie Wat Die Hawe Verlaat Het, Het Vinnig Gesink,
Debat, Skaak, Kja En Csv, Net Die Koor Was Lekker,
Maar Die Koor Se Bus Het My Engtevrees Gegee,
Chorus
En Uiteindelik Het Ek Vrede Gemaak Met Die Vreemdeling In My,
Ek Dans Op Die Ritme Van My Eie Drom,
Ek Sal Nooit In Die Trop Kan Bly Nie,
En Uiteindelik Het Ek Vrede Gemaak Met Die Enkeling In My,
'N Koppie Tee En 'N Boek Is Genoeg Vir My,
So Ek Gaan Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry.
Bridge
Nou Is Ek 'N Grootmens, Die Skooldae Is Verby,
Maar Die Vrese Van My Tienerjare Kom Spook Nog Steeds By My,
Eendag Sal Ek Vriende Maak Met Die Skeidsregter In My Kop,
Eendag Sal Ek 'N Rugbybal Sekuur Oor Die Pale Skop.
Outro
Maar Tot Dan Het Ek Vrede Gemaak Met Die Vreemdeling In My,
Ek Dans Op Die Ritme Van My Eie Drom,
Ek Sal Nooit In Die Trop Kan Bly Nie,
En Uiteindelik Het Ek Vrede Gemaak Met Die Enkeling In My,
'N Koppie Tee En 'N Boek Is Genoeg Vir My,
So Ek Gaan Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry.
En Uiteindelik Het Ek Vrede Gemaak Met Die Enkeling In My,
'N Koppie Tee En 'N Boek Is Genoeg Vir My,
So Ek Gaan Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry.
(Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry),
(Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry),
(Met Jan Tuisbly),
Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry,
(Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry),
(Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry),
(Met Jan Tuisbly),
Ek Gaan Met Jan Tuisbly Se Wiele Ry.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
3) Sirkel
Intro
Verse 1
Is Daar Dae Wat Jou Hart Van Vreugde Wil Ontplof,
In Strale Van Lig Wat Helder Skyn?
En Net Die Volgende Dag Is Jou Oë Weer Dof,
Het Al Wat 'N Glimlag Is In Die Niet Verdwyn.
Pre-Chorus
Byt Vas, Daar Is Uitkoms, Die Wiel Draai En Draai.
Chorus
Want Daar's Tye Van Blydskap En Tye Van Hartseer,
Ons Loop In 'N Sirkel Weer En Weer,
Is Dinge Nou Donker, Die Son Agter Wolke?
Jou Lewe Sal Lig Word, Meer En Meer.
Verse 2
Is Daar 'N Son Wat Blom In Jou Hart Vandag?
Of Verwelk Die Strale Een Vir Een?
Wil Jy Dans En Sing En Uit Jou Maag Uit Lag?
Of Voel Jy Godverlate En Alleen?
Pre-Chorus
Byt Vas, Daar Is Uitkoms, Die Wiel Draai En Draai.
Chorus
Want Daar's Tye Van Blydskap En Tye Van Hartseer,
Ons Loop In 'N Sirkel Weer En Weer,
Is Dinge Nou Donker, Die Son Agter Wolke?
Jou Lewe Sal Lig Word, Meer En Meer.
Bridge
Want Tyd Sal Jou Wonde Genees,
En Liefde Verdryf Alle Vrees, Alle Vrees,
Want Daar's Tye Van Blydskap En Tye Van Hartseer,
Ons Loop In 'N Sirkel Weer En Weer.
Is Dinge Nou Donker, Die Son Agter Wolke?
Jou Lewe Sal Lig Word, Meer En Meer, (Meer En Meer),
Outro
Want Daar's Tye Van Blydskap En Tye Van Hartseer,
Ons Loop In 'N Sirkel Weer En Weer, (Weer En Weer),
Is Dinge Nou Donker, Die Son Agter Wolke?
Jou Lewe Sal Lig Word, Meer En Meer, (Meer En Meer),
Meer En Meer, (Meer En Meer),
Meer En Meer, (Meer En Meer),
Meer En Meer.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
4) Aanvaar Ek Jou
Chords
D/Gb 2x0232
Intro
Verse 1
Ons Is Al Twee Stukkend,
Ons Het Al Twee Seer,
Wat Ons In Ons Harte Ronddra,
Wat Ons Dure Lesse Leer.
Verse 2
Ons Voel Albei Soms Verlore,
Onsigbaar En Alleen,
Murasies Wat In Stilte,
Smelt In Die Reën.
Chorus
In Al My Gebrokenheid,
Aanvaar Jy My?
Sien Jy Kans Vir Die Dae,
Wat Ek In Stukke Bly?
In Al Jou Gebrokenheid,
Aanvaar Ek Jou,
Laat Ons Saam Die Langpad Aandurf,
Mekaar Geselskap Hou.
Verse 3
Ons Is Albei Half Neuroties,
Albei Effe Gek,
Ons Jaag Ons Eie Sterte,
En Bly Net Op Een Plek,
Verse 4
Die Mens, So Selfvoldaan,
Is Net 'N Stofwolk Wat Verskyn,
'N Desperate Oomblik Dwarrel,
En Dwarrelend Verdwyn.
Chorus
In Al My Gebrokenheid,
Aanvaar Jy My?
Sien Jy Kans Vir Die Dae,
Wat Ek In Stukke Bly?
In Al Jou Gebrokenheid,
Aanvaar Ek Jou,
Laat Ons Saam Die Langpad Aandurf,
Mekaar Geselskap Hou.
Instrumental
Outro
In Al My Gebrokenheid,
Aanvaar Jy My?
Sien Jy Kans Vir Die Dae,
Wat Ek In Stukke Bly?
In Al Jou Gebrokenheid,
Aanvaar Ek Jou,
Laat Ons Saam Die Langpad Aandurf,
Mekaar Geselskap Hou,
Laat Ons Saam Die Langpad Aandurf,
Mekaar Geselskap Hou,
Laat Ons Saam Die Langpad Aandurf,
Mekaar Geselskap Hou.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
5) Nuwe Normaal
Intro
Intro
Verse 1
Jy Staan In 'N Ry Met Mense,
Elke Hart Gevul Met Wense,
Daar's 'N Onbekende Voor Jou,
Daar's 'N Onbekende Langs Jou.
Verse 2
Almal Staan Groot-Oog Gespanne,
Almal Swyg Hulle Was Hulle Hande,
Elkeen Op Sy Eie Eiland,
Elkeen Bid Tot Sy Eie Heiland.
Verse 3
Vorentoe Maar Jy Hou Jou Afstand,
Voel Die Vrees Versprei Soos 'N Veldbrand,
Mag Nie Drink Nie, Mag Nie Rook Nie,
Gee Jou Geld En Vat Jou Strokie.
Verse 4
Skuifel Uit Met Jou Winkel Sakke,
En Jy Sien Deur 'N Boom Se Takke,
Die Natuur Gaan Aan Sonder Mense,
Die Natuur Het Haar Eie Wense.
Chorus
Oooh, Wat Was Is Nou Verby,
(Wat Was Is Nou Verby),
Maak Jou Reg Vir 'N Groot Omwenteling Vir Jou En My,
(Omwenteling Vir Jou En My),
Daar's 'N Nuwe Normaal, Want Alles Het Verander,
(Alles Het Verander),
En Ek Voel Ek Verdwaal In 'N Onbekende Land.
Verse 5
Op Die Nuus Getalle Stygend,
In My Hart Die Vrese Swygend,
Gaan Die Einde Eendag Aanbreek?
Gaan Ek By My Buurman Aansteek?
Verse 6
Is Dit Als Net Sameswering?
Is Dit Net Een Man Se Mening?
Die Nuus Raak Al Hoe Harder,
Sit Dit Af, Sit Op Jou Masker,
Chorus
Oooh, Wat Was Is Nou Verby,
(Wat Was Is Nou Verby),
Maak Jou Reg Vir 'N Groot Omwenteling Vir Jou En My,
(Omwenteling Vir Jou En My),
Daar's 'N Nuwe Normaal, Want Alles Het Verander,
(Alles Het Verander),
En Ek Voel Ek Verdwaal In 'N Onbekende Land.
Outro
Oooh, Wat Was Is Nou Verby,
(Wat Was Is Nou Verby),
Maak Jou Reg Vir 'N Groot Omwenteling Vir Jou En My,
(Omwenteling Vir Jou En My),
Daar's 'N Nuwe Normaal, Want Alles Het Verander,
(Alles Het Verander),
En Ek Voel Ek Verdwaal In 'N Onbekende Land.
Die Nuus Raak Al Hoe Harder,
Sit Dit Af, Sit Op Jou Masker,
Sit Dit Af, Sit Op Jou Masker,
Sit Dit Af, Sit Op Jou Masker,
Sit Dit Af, Sit Dit Af,
N.c.
Sit Dit Af, Sit Dit Af.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
6) Song Vir Jou
Note: * Na Een Akkoord Beteken Akkoord Één Keer Aanslaan.
Intro
Verse 1
Jy Is My Vriend, My Sielsgenoot,
Jy Ken Die Geraamtes In My Kas,
Is Ek Benoud, Of In Die Nood, Jy,
Help My Keer Op Keer En Red By Bas,
Ek Moet Bely Daar,
Is Min Soos Jy Wat My Regtig Verstaan,
Die Song's Vir Jou,
Mag Jy Vir Altyd Weet Dat Ek Baie Van Jou Hou.
Interlude
Verse 2
Na Soveel Jaar Se Sakke Sout Saam,
Is Jy Soos Die Palm Van My Hand,
Bekend, Bemind En As Daar Fout Gaan,
Weet Ek Jy Is Altyd Aan My Kant,
Ek Moet Bely, Jy,
Is Deel Van My En Jy Sal Altyd Wees,
Die Song's Vir Jou,
Mag Jy Vir Altyd Weet Dat Ek Baie Van Jou Hou,
Weet Dat Ek Baie Van Jou Hou.
Outro
Wie Weet Wat Môre Vir Ons Inhou,
Als Kan Verander In 'N Dag,
Solank Ons Net Die Bokant Blink Hou,
Sal Die Son Weer Opkom Na Die Nag,
Ek Moet Bely, Jy,
Hier Aan My Sy Maak My Lewe 'N Fees,
Die Song's Vir Jou,
Mag Jy Vir Altyd Weet Dat Ek Baie Van Jou Hou,
Weet Dat Ek Baie Van Jou Hou,
Weet Dat Ek Baie Van Jou Hou,
Weet Dat Ek Baie Van Jou Hou,
Weet Dat Ek Baie Van Jou Hou.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
7) Hester Charlotte Goosen
Intro
Verse 1
Hester Charlotte Goosen Is Gebore In Die Transvaal,
Met Die Gesig Van 'N Engel En Oë Om In Te Verdwaal,
Die Jongste Van Tien Kinders, Haar Pa Se Lieflingskind,
Op 'N Vrydag In September Het Sy Gedans Met Die Wind.
Interlude
Verse 2
In Die '60S Is Sy Stad Toe, Die Liggies Het Gewink,
Jim Reeves En Elvis Presley Het In Stereo Weerklink,
Toe Lenige Frans Haar Uitvra, Toe Sê Sy Saggies, "Ja",
Op 'N Vrydag In September Het Sy Gedans Met My Pa.
Interlude
Verse 3
My Sussie Is Gebore, Pragtig Soos Haar Ma,
Dieselfde Donker Oë, Dieselfde Mooi Gelaat,
Ná Nege Bitter Maande Het 'N Bondeltjie Verskyn,
Op 'N Vrydag In September, Toe Dans My Ma Met My.
Interlude
Verse 4
Die Jare Was Maar Opdraand, En Steiler By Die Dag,
Al Hoe Minder Vreugde, Al Hoe Minder Lag,
"Ek Is Lief Vir Jou," Het Sy Sag Gesê, En Van Haar Liggaam Weggevlug,
Op 'N Vrydag In September Het Sy Gedans In Die Lig.
Outro
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
8) Die Heel Eerste Tree
Intro
Verse 1
Jy Was Jaar Na Jaar Daar Vir My,
En Skielik Is Jy Weg,
Die Dood Se Rede Uitgespel,
Jy Het Ophou Veg,
Maar Iets In My Het Saam Met Jou Gesterwe,
Soos 'N Legkaart Moet Ek 'N Stuk Van My, Weer Kry.
Verse 2
Jy Sal Vind, My Hart Se Punt,
Ek Is Nog By Jou,
Tel Die Stukke Een-Een Op,
Begin Jou Lewe Bou,
Die Uurglas Sal Altyd Leegloop,
Wanneer Jy Dit Die Minste Verwag,
'N Dief, In Die Nag.
Pre-Chorus
Maar Daar Is Hoop In Elke Son----Straal,
Laat Die Liefde In Jou Neer--Daal,
Sien Die Wonderlike Werke,
Engele Sonder Vlerke,
Om Jou Trane Af Te Vee.
Chorus
Pak Die Bul By Die Ho-----Rings,
Oppas Vir Die Do----Rings,
Die Lewe Wil Geleef Word,
Drome Nagestreef Word,
Jy, Net Jy Kan Dit Gee,
Die Heel Eerste Tree.
Verse 3
Nou Loop Ek Die Onbekende In,
Jou Woorde Wat My Dra,
As Ek Struikel, Val En Oorbegin,
Jy Is Altyd Daar,
Ek Het Gedink Dis Die Einde,
Maar Nou Sien Ek Die Lewe Het Skaars Begin, Oorwin,
Pre-Chorus
Maar Daar Is Hoop In Elke Son----Straal,
Laat Die Liefde In Jou Neer--Daal,
Sien Die Wonderlike Werke,
Engele Sonder Vlerke,
Om Jou Trane Af Te Vee.
Chorus
Pak Die Bul By Die Ho-----Rings,
Oppas Vir Die Do----Rings,
Die Lewe Wil Geleef Word,
Drome Nagestreef Word,
Jy, Net Jy Kan Dit Gee,
Die Heel Eerste Tree.
Interlude
Pre-Chorus
Maar Daar Is Hoop In Elke Son----Straal,
Laat Die Liefde In Jou Neer---Daal,
Sien Die Wonderlike Werke,
Engele Sonder Vlerke,
Om Jou Trane Af Te Vee.
Outro
Pak Die Bul By Die Ho-----Rings,
Oppas Vir Die Do-----Rings,
Die Lewe Wil Geleef Word,
Drome Nagestreef Word,
Jy, Net Jy Kan Dit Gee,
Die Heel Eerste Tree,
Die Heel Eerste Tree,
Die Heel Eerste Tree,
Die Heel Eerste Tree,
Die Heel Eerste Tree.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
9) ’N Nuwe Dag
Verse 1
Ek Is Somtyds In 'N Groef,
En Dit Maak My Skoon Bedroef,
Dieselfde Bord, Dieselfde Kos,
Dieselfde Spieël, Dieselfde Vlos,
Van My Skoene Tot My Das,
Geen Variasie In My Kas,
Is Daar Hulp Vir 'N Mens Soos Ek?
My Gewoontes Maak My Gek.
Chorus
'N Nuwe Dag, 'N Nuwe Kans,
(Vat 'N Kans),
'N Nuwe Song Om Op Te Dans,
(Dans Dans, Dans),
Slaan 'N Nuwe Rigting In,
(Slaan Hom In),
Dis Nou Tyd Vir Weer Begin.
Verse 2
Ek sal afskop in my huis :
'N Nuwe Kas Vir Die Kombuis,
Ek Sal Daai Ou Gordyn Vervang,
Dalk Iets Vroliker Daar Hang,
Ontslae Raak Van Daai Stywe Broek,
En Iets Meer Gemaklik Soek,
Dalk Iets Nuuts Bestudeer,
Dalk 'N Ander Bed Probeer.
Chorus
'N Nuwe Dag, 'N Nuwe Kans,
(Vat 'N Kans),
'N Nuwe Song Om Op Te Dans,
(Dans Dans, Dans),
Slaan 'N Nuwe Rigting In,
(Slaan Hom In),
Dis Nou Tyd Vir Weer Begin.
Instrumental
Verse 3
Ek Sal Kyk Na My Postuur,
Ek Sal Rustiger Bestuur,
My Rugsak Pak En Gaan Reis,
Laat Die Pad Die Rigting Wys,
Net Een Lewe Om Te Leef,
Net Een Kans Om Vry Te Wees,
Dit Was Dood Is Bly Konstant;
Dit Wat Leef Is Aan Die Brand,
Chorus
'N Nuwe Dag, 'N Nuwe Kans,
(Vat 'N Kans),
'N Nuwe Song Om Op Te Dans,
(Dans Dans, Dans),
Slaan 'N Nuwe Rigting In,
(Slaan Hom In),
Dis Nou Tyd Vir Weer Begin.
Outro
'N Nuwe Dag, 'N Nuwe Kans,
(Vat 'N Kans),
'N Nuwe Song Om Op Te Dans,
(Dans Dans, Dans),
Slaan 'N Nuwe Rigting In,
(Slaan Hom In),
Dis Nou Tyd Vir Weer Begin.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
10) Mooiweer
Intro
Verse 1
Daar's Tye Van Mooiweer,
Blou Lug Bo 'N Gladde See,
Meeue Vlieg Hoog Verby,
Waar Kan Jy Beter Kry?
Interlude
Chorus 1
Dan Draai Die Gety Alweer,
Die Hael Val Om My Neer,
Dit Donder En Blits In My,
Jou Oë Kyk Anderpad,
Jy Wil Afdraai Paaie Vat,
Is Ons Liefde Dan Nou Verby?
Verse 2
Maar Daar Is Tye Van Saamwees,
Een Hart En Een Gees,
Die Liefde In Jou En My,
Waar Kan Jy Beter Kry?
Chorus 2
Dan Pak Die Wolke Saam,
Vol Hartseer Sonder Naam,
Die Reënbui Bars Los In My,
Wil Jy Saam 'N Lewe Bou?
Is Ek Genoeg Vir Jou?
Is Ons Liefde Dan Nou Verby?
Outro
Maar Daar Is Tye Van Mooiweer,
Blou Lug Bo 'N Gladde See,
Meeue Vlieg Hoog Verby,
Waar Kan Jy Beter Kry?
Waar Kan Jy Beter Kry?
Waar Kan Jy Beter Kry?
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *