Bpm: 110
Released: 22 June 2015
Album: Donker Liefde
Intro
Verse 1
Vroeg-Oggend Lig Spoel In By My Deur,
Ek Dink Dadelik Aan Jou,
Sal Ek Jou Bel Of 'N Email Stuur?
Ek Whatsapp Jou Maar Gou.
Verse 2
Spring Deur Die Stort En Spring Aan Die Werk,
En Kyk Vir 'N Reply,
My Telefoon Is Stil Soos Die Graf,
En Angs Wag Om Die Draai.
Chorus
Die Liefde Is 'N Speletjie,
Ek Gooi Die Bal Vir Jou,
En Wanneer Die Bal Nie Terugkom Nie,
Is Die Speletjie Maar Flou.
Verse 3
Die Dag Gaan Sy Gang, Soveel Om Te Doen,
Jou Stilte Kou En Knaag,
Is Jy Te Besig? Dink Jy Aan My?
My Goeie Bui Vervaag.
Verse 4
Wanneer Die Son Sak Is Ek 'N Wrak,
My Selfbeeld Op Die Vloer,
Ek Eindig Op Soos 'N Zombie,
Wat Net Vir 'N Selfoon Loer.
Chorus
Die Liefde Is 'N Speletjie,
Ek Gooi Die Bal Vir Jou,
En Wanneer Die Bal Nie Terugkom Nie,
Is Die Speletjie Maar Flou.
Interlude
Chorus
Die Liefde Is 'N Speletjie,
Ek Gooi Die Bal Vir Jou,
En Wanneer Die Bal Nie Terugkom Nie,
Is Die Speletjie Maar Flou.
Verse 5
Elfuur Die Nag Is Ek Desperaat,
Om Te Drink Van Jou Fontein,
Ek Skakel My Foon Aan, Soek Jou Op,
En Sien Jy Is Aanlyn.
Outro
My Hart In My Keel, My Palms Nat,
Sit Ek Die Foon Maar Af,
Jy't Dalk 'N Ander Liefde Gevind,
My Hart Roer In Sy Graf.