Bpm: 120
Released: 1 Jan 2008
Album: Nagmusiek
Intro
Verse 1
By Rietfontein Se Leidam,
As Die Reier Staan En Droom,
En Gepluimde Peerboom Takke,
Bloeisels Sprinkel In Die Stroom.
Verse 2
Word Op Maan Verligte Nagte,
Nog 'N Somber Tafereel,
Van Haat En Lus En Liefde,
Deur Gestorwenes Afgespeel.
Chorus
Wit Is Die Water En Blond Is Die Maan,
En Bly Is Die Paar Wat Gearmd Daar Gaan,
Versilwerde Bome Ruis In Die Laan,
Wit Is Die Water En Blond Is Die Maan.
Verse 3
'N Honderd Jaar Gelede,
Het Die Buurt Se Mooiste Blom,
So In Die Helder Maanlig,
Na Die Peerboom Laan Gekom.
Verse 4
Maar Terwyl Sy En Haar Minnaar,
In Confetti Bloeisels Staan,
Het 'N Ander In Die Skadu,
Langs Die Dam Se Wal Gegaan.
Chorus
Wit Is Die Water En Bleek Is Die Maan,
Wie Is Dit Was Daar So Geruisloos Gaan,
‘N Huiwering Trek Deur Die Bome In Die Laan,
Wit Is Die Water En Bleek Is Die Maan.
Verse 5
O Salig Die Verrukking,
Wat Die Suiwer Liefde Bring,
En Vrolik Het Die Harte,
Van Die Paartjie Daar Gesing,
Verse 6
By Rietfontein Se Leidam,
In Die Wit Lig Van Die Maan,
Maar Oorkant Langs Die Peerboom,
Het 'N Skaduwee Gegaan,
Chorus
Wit Is Die Water Maar Bleker Die Maan,
Wie Is Dit Wat Daar So Doelbewus Gaan?
Verdonkerde Bome Bewe In Die Laan,
Wit Is Die Water Maar Bleker Die Maan.
Verse 7
Kortstondig Soos Die Dou,
Wat Smôrens Skitter Op Die Roos,
Kortstondig Was Die Enkel Uur,
Van Samesyn Se Troos.
Verse 8
Op Bloedbevlekte Bloeisels,
Lê Die Paartjie In Die Laan,
Terwyl 'N Swart Gestalte,
Onder Peerboom Takke Staan,
Chorus 2
Bloed In Die Water En Bloed In Die Laan,
Wie Is Dit Wat Daar So Roerloos Bly Staan,
Vormlose Skaduwees Kruip Oor Die Maan,
Bloed In Die Water En Bloed In Die Laan.
Interlude
Verse 9
By Rietfontein Se Leidam,
As Die Reier Staan En Droom,
En Gepluimde Peerboom Takke,
Bloeisels Sprinkel In Die Stroom.
Verse 10
Word Op Maan Verligte Nagte,
Nog 'N Somber Tafereel,
Van Haat En Lus En Liefde,
Deur Gestorwenes Afgespeel. (Aah Aah Aaah Aah Aah), (Aaah . . .).
Outro
Bloed In Die Water En Bloed In Die Laan,
Wie Is Dit Wat Daar So Skuldbewus Gaan,
Vormlose Skaduwees Kruip Oor Die Maan,
Bloed In Die Water En Bloed In Die,
Bloed In Die Water En Bloed In Die Laan,
Wie Is Dit Wat Daar So Skuldbewus Gaan,
Vormlose Skaduwees Kruip Oor Die Maan,
Bloed In Die Water En Bloed In Die,
Bloed In Die Water En Bloed In Die Laan,
Wie Is Dit Wat Daar So Skuldbewus Gaan,
Vormlose Skaduwees Kruip Oor Die Maan,
Bloed In Die Water En Bloed In Die Laan . . .,
Laan . . .,
Bloed In Die Laan . . .,
Bloed In Die Laan.