Bpm: 120
Released: 26 June 2010
Album: Supernova
Intro
Verse 1
Ons Liefde Was Die Sekelmaan,
'N Roos, 'N Blom, 'N Vreugdestraan,
Nou's My Nagte Koud En Leeg,
'N Doodloopstraat In Elke Steeg.
Verse 2
Ons Oë Was Vol Verwondering,
'N Wolk, 'N Boom, 'N Kind Wat Sing,
Nou Bly Ek Verslae Staan,
En Kyk Hoe Liefde Weg Kan Gaan.
Chorus
Jy, Jy Was Lief Vir My,
Jy, Jy Was Lief Vir My.
Interlude
Verse 3
Ons Het Saam Geëet, Saam Gelag,
Saam Gebad In Die Middel Van Die Dag,
Nou Was Ek My Bord Alleen,
En Kyk Hoe Huil Die Sagte Reën.
Verse 4
Ons Het Vasgesit, Kwaad Geraak,
Dit Uitgepraat En Vrede Gemaak,
Nou's My Lewe Sonder Stry,
Ek Stem Altyd Saam Met My.
Chorus
Jy, Jy Was Lief Vir My,
Jy, Jy Was Lief Vir My.
Interlude
Instrumental
Verse 5
Ek Was Moeg Gewag, Moeg Gepraat,
Die Afstand Het Te Groot Geraak,
Jy't My Van Jou Weggestoot,
Gesê Jy Sien My Nou As Dood.
Verse 6
Nou Loop Ek My Pad Alleen,
Is Ek Spyt? Ja En Nee,
Die Lewe Is 'N Harlekyn,
Liefde Is Gemeng Met Pyn.
Chorus
Jy, Jy Was Lief Vir My.
Jy, Jy, Jy, Jy Was Lief Vir My.
(Jy) , Jy Was Lief Vir My,
(Jy), Jy Was Lief Vir My.
Outro