Released: 1 Sept 2012
Note: All These Songs Are Also On Ug As Individual Tabs. Most With Links To The
Tabbed Version.
Tabbed By
1. Anderkant Die Ewigheid 4:35 Doheuvel
2. Die Stem Van Suid-Afrika 3:41 Doheuvel
3. Die Ruiter Van Skimmelperdpan 4:64 Doheuvel
4. Gee My Jou Hand 4:44 Doheuvel
5. Eden 2:26 Doheuvel
6. Waar Is Jy? 3:40 Doheuvel
7. Joppe 4:04 Doheuvel
8. Potchefstroom 3:30 Doheuvel
9. Bly By My 4:37 Doheuvel
10. Kom Vannag In My Drome 2:59 Doheuvel
11. Jou Hart In My Hart 4:33 Doheuvel
12. Jy’s My Baby, Dis Wie Jy Is 3:19 Doheuvel
13. Bly By My (Reprise) 5:04 Doheuvel
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
1) Anderkant Die Ewigheid
Intro
Verse 1
Dis Als Gesê, Dis Als Gedoen,
Gee My Net Een Ding Wat Ek Nuut Kan Noem,
Die Maan Raak Vol En Leeg, Dis Son Kom Op,
Alles Moet 'N End Kry, Moet Eendag Stop.
Pre-Chorus 1
Hul Sê Die Skrif Is Aan Die Muur,
Die Mensdom Sien Sy Laaste Uur,
En Môre Is Alles Dalk Verby.
Chorus
Maar Ons Liefde Sal Bly Staan,
Al Sterf Al Die Sterre, Die Son En Maan,
En As Die Grootbaas Sê Dis Tyd,
Sien Ek Jou Anderkant Die Ewigheid,
Anderkant Die Ewigheid,
Anderkant Die Ewigheid.
Verse 2
As Kind Het Ek Gedroom Ek's Eendag Groot,
Daai Sondagmiddag-Stiltes – Verveel Jou Dood,
Maar Nou't Die Jare Vlerke En Vlieg Verby,
En Skielik Is Ek Ouer Voor Ek My Kom Kry.
Pre-Chorus 2
Gesigte Om My Word 'N Spieël,
Ek Sien Hoe Jare Kan Verniel,
Ons Is 'N Druppel In Die See.
Chorus
Maar Ons Liefde Sal Bly Staan,
Al Sterf Al Die Sterre, Die Son En Maan,
En As Die Grootbaas Sê Dis Tyd,
Sien Ek Jou Anderkant Die Ewigheid,
Anderkant Die Ewigheid,
Anderkant Die Ewigheid.
Instrumental
Pre-Chorus 2
Gesigte Om My Word 'N Spieël,
Ek Sien Hoe Jare Kan Verniel,
Ons Is 'N Druppel In Die See.
Outro
Maar Ons Liefde Sal Bly Staan,
Al Sterf Al Die Sterre, Die Son En Maan,
En As Die Grootbaas Sê Dis Tyd,
Sien Ek Jou Anderkant Die Ewigheid,
Maar Ons Liefde Sal Bly Staan,
Al Sterf Al Die Sterre, Die Son En Maan,
En As Die Grootbaas Sê Dis Tyd,
Sien Ek Jou Anderkant Die Ewigheid,
Anderkant Die Ewigheid,
Anderkant Die Ewigheid,
Anderkant Die Ewigheid,
Anderkant Die Ewigheid.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
2) Die Stem Van Suid-Afrika
Intro
Verse 1
Uit Die Blou Van On----Se He-Mel,
Uit Die Diepte Van Ons See,
Oor Ons E-----Wi-Ge Ge-Bergtes
Waar Die Kran---Se Ant---Woord Gee,
Deur Ons Vér Verlate Vlaktes Met Die Kreun Van Os----Se-Wa,
Ruis Die Stem Van Ons Geliefde, Van Ons Land Suid-Afrika.
Verse 2
In Die Songloed Van Ons Somer, In Ons Winternag Se Kou,
In Die Lente Van Ons Liefde, In Die Lanfer Van Ons Rou,
By Die Klink Van Huw'liksklokkies, By Die Kluitklap Op Die Kis,
Streel Jou Stem Ons Nooit Verniet Nie,
Weet Jy Waar Jou Kinders Is.
Interlude
Verse 3
Op U Almag Vas Vertrouend Het Ons Vadere Gebou,
Skenk Ook Ons Die Krag, O Here, Om Te Handhaaf En Te Hou,
Dat Die Erwe Van Ons Vaad're Vir Ons Kinders Erwe Bly,
Knegte Van Die Allerhoogste, Teen Die Hele Wêreld Vry.
Instrumental
Chorus
Ons Sal Antwoord Op Jou Roepstem, Ons Sal Offer Wat Jy Vra,
Ons Sal Lewe, Ons Sal Sterwe, Ons Vir Jou, Suid-Afrika.
Instrumental
Chorus
Ons Sal Antwoord Op Jou Roepstem, Ons Sal Offer Wat Jy Vra,
Ons Sal Lewe, Ons Sal Sterwe, Ons Vir Jou, Suid-Afrika.
Instrumental
Chorus
Ons Sal Antwoord Op Jou Roepstem, Ons Sal Offer Wat Jy Vra,
Ons Sal Lewe, Ons Sal Sterwe, Ons Vir Jou, Suid-Afrika.
Outro
La La La La Laa,
La La La La Laa,
La La La La Laa,
La La La La Laa,
La La La La Laa,
La La La La Laa,
La La La La Laa,
La La La La Laa.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
3) Die Ruiter Van Skimmelperdpan
Intro
Verse 1
Langs Die Pad Wat Verdwyn In Die Skimmelperdpan,
By 'N Draai In Die Mond Van Die Kloof,
Het 'N Bom In Die Oorlog 'N Vlugtende Man,
Op 'N Perd Soos 'N Swaardslag Onthoof.
Verse 2
Aan Die Saalboom Krampagtig Die Hande Verstyf,
Met 'N Laaste Stuiptrekkende Krag,
En Die Bene Geklem Soos 'N Skroef Om Sy Lyf,
Op Die Perd Sit Die Grusame Vrag.
Chorus
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Die Ruiter Van Skimmelperdpan.
Interlude
Verse 3
Met Sy Neusgate Wyd En Die Ore Op Sy Nek,
Soos Die Wind Yl Verbysterd Die Dier,
Met Die Skuim In Wit Vlokke Wat Waai Uit Sy Bek,
En Gespan Soos 'N Draad Elke Spier.
Verse 4
By Die Huisie Verby Waar 'N Vrou Staan En Kyk,
In Die Afkopding Ken Sy Haar Man,
Met 'N Onaardse Gil Val Sy Bleek Soos 'N Lyk,
Perd En Ruiter Verdwyn In Die Pan.
Chorus
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Die Ruiter Van Skimmelperdpan.
Interlude
Verse 5
Wee Die Reisiger Wat Daar Onwetend Kom Skuil,
Waar Bouvallig Die Huisie Nog Staan,
En Vreesagtig By Wyle 'N Nagdiertjie Huil,
By Die Newelige Lig Van Die Maan.
Verse 6
Want By Middernag Waai Daar 'N Wind Deur Die Kloof,
Waai En Huil Soos 'N Kindjie Wat Kerm,
En Dan Jaag Daar 'N Perd Met 'N Man Sonder Hoof,
Wie Dit Sien, Roep Verskrik: "Heer, Ontferm!".
Chorus
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Die Ruiter Van Skimmelperdpan.
Interlude
Verse 7
Want Die Vuurvonke Spat Waar Die Hoefslae Dreun,
En Dit Vlam Uit Sy Neus En Sy Oog,
Styf En Stram Sit Die Ruiter Na Vore Geleun,
En Die Bloed Uit Sy Nek Spuit 'N Boog.
Verse 8
En Dan Eensklaps Vanuit Die Vervalle Gebou,
Kom 'N Vreeslike Skrikbeeld Gevaar,
Al Die Hare Orent – 'N Waansinnige Vrou,
Met 'N Hande-Wringend Gebaar.
Chorus
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Die Ruiter Van Skimmelperdpan.
Interlude
Verse 9
"Waarom Rus Jy Nie, Rus Jy Nie, Jan Van Der Meer?
Waarom Jaag Jy My Elke Nag Op?
Sal Daar Nimmer 'N Einde Kom ... Altyd Maar Weer,
Die Galop ... Die Galop ... Die Galop?!"
Verse 10
Die Afgryslike Klank – Nog Gehuil Nog Gelag,
En Die Perd Met Die Romp Van 'N Man,
Dis Geen Plek Vir 'N Christenmens Daar In Die Nag,
Langs Die Pad Na Die Skimmelperdpan.
Outro
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Wie Is Die Ruiter?
Die Ruiter Van Skimmelperdpan.
Ek Is Die Ruiter?
En Jy Is Die Ruiter?
Ons Is Die Ruiters?
Die Ruiters Van Skimmelperdpan.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
4) Gee My Jou Hand
Intro
Verse 1
Gee My Jou Hand, My Lief,
Laat Ek Jou Lei,
Die Wêreld Is Groot, My Lief,
Bly Naby My.
Verse 2
En As Die Donker Kom,
En Die Storms Jou Dreig,
Sal Ek Jou Hawe Wees,
Die Volmaan Wat Styg.
Chorus
Gee My Jou Hand, My Lief,
Gee My Jou Hand, My Lief,
Bly Naby My,
Bly Naby My.
Verse 3
Hier Is My Hand, My Lief,
Kom Leef Saam Met My,
Ek Voel Soos 'N Kampioen,
Met Jou Aan My Sy.
Verse 4
En Stap Die Jare Aan,
En Tyd Kom En Gaan,
Bly Ek Jou Lewensmaat,
Bly Ek By Jou Staan.
Chorus
Gee My Jou Hand, My Lief,
Gee My Jou Hand, My Lief,
Bly Naby My,
Bly Naby My.
Bridge
Want Jy Ken My Hart,
Jy Ken My Kop En My Lyf,
Ons Liefde 'S Die See,
Waar Ons Laggend Op Dryf,
Laggend Op Dryf.
Instrumental
Bridge
Want Jy Ken My Hart,
Jy Ken My Kop En My Lyf,
Ons Liefde 'S Die See,
Waar Ons Laggend Op Dryf,
Laggend Op Dryf.
Chorus
Gee My Jou Hand, My Lief,
Laat Ek Jou Lei,
Die Wêreld Is Groot, My Lief,
Bly Naby My,
Verse 5
En As Die Donker Kom,
En Die Storms Jou Dreig,
Sal Ek Jou Hawe Wees,
Die Volmaan Wat Styg.
Verse 6
Gee My Jou Hand, My Lief,
Gee My Jou Hand, My Lief,
Bly Naby My,
Bly Naby My.
Outro
Gee My Jou Hand, My Lief,
Gee My Jou Hand, My Lief,
Bly Naby My,
Bly Naby My.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
5) Eden
Chords
E7 020130
Intro
Verse 1
Staan Daar Hoog In Eden,
Verlate Soos 'N Stad In Puin,
Met Poorte Grusaam Toegespyker,
Deur Eeue Die Mislukte Tuin?
Verse 2
Word Daar Nog Die Swoele Dae,
Deur Swoele Skemering En Nag Vervang,
Waar Donkergeel En Purper Vrugte,
Verrottend Aan Die Takke Ha Hang, Ha Hang?
Hang, Hang, Hang.
Verse 3
Sprei Daar Ondergronds 'N Netwerk,
Soos Sierkant Deur Die Rotse Heen,
Die Sware Onontginde Riwwe,
Van Goud En Onikssteen?
Verse 4
Vloei Daar Deur Die Natgroen Struike,
Met Kabbeling Wat Ver Weerklink,
Die Viertal Glasblink Waterstrome,
Waarvan Geen Sterfling Drink, Drink?
Drink, Drink, Drink.
Instrumental
Verse 5
Staan Daar Iewers Nog In Eden,
Verwaarloos Soos 'N Stad In Puin,
Gedoem Tot Langsame Verrotting,
Deur Eeue Die Mislukte Tuin, Tuin?
Tuin Tuin Tuin.
Outro
Oe Oe Ah Ah,
Oe Oe Ah Ah,
Oe Oe Ah Ah,
Oe Oe Ah.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
6) Waar Is Jy?
Intro
Intro
Verse 1
Waar Is Jy As Die Stad Se Dreuning Opwel,
Die Grys Geraas Soos Branders Oor My Woorde Spoel?
Waar Is Jy As Oë Soos 'N Vergrootglas,
Inbrand Op My Broosheid, My Siels-Alleen Laat Voel?
Chorus
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
Verse 2
Waar Is Jy As Die Nag Se Stem My Uitlag,
My Hoogste Ideale Wegwaai Op Die Wind?
Waar Is Jy As Die Reënboog Sê Kom Nader,
Maar Jy Sal Aan My Einde Net Leë Beloftes Vind?
Chorus
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
Bridge
Want Ek Het Jou Nodig Om By My Te Staan,
Om Die Drake En Hekse Met Knuppels Te Slaan,
Want Ek Het Jou Nodig Om By My Te Wees,
Om Die Seer Te Genees.
Interlude
Chorus
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
Bridge
Want Ek Het Jou Nodig Om By My Te Staan,
Om Die Drake En Hekse Met Knuppels Te Slaan,
Want Ek Het Jou Nodig Om By My Te Wees,
Om Die Seer Te Genees.
Verse 3
Waar Is Jy As Ek My Oë Toemaak,
En Die Toekoms Soos 'N Riller Afspeel In My Brein?
Waar Is Jy As Hoop Styg Soos Ballonne,
Net Om Onverklaarbaar Te Bars En Te Verdwyn?
Outro
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar?
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
(Waar Is Jy Vanaand?),
Waar Is Jy?
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
7) Joppe
Intro
Verse 1
Ek Wat Gestorwe Lê In Joppe,
Verblind En Roerloos, Koud En Stom,
Sal Nie My Oë Oopmaak Tot Die Lig
Voor Jou Voete Na My Kom.
Verse 2
Sal Nie Tot Son En Wolke,
Tot Skrille Kleure En Geluid Ontwaak,
Die Herfslug Intrek In My Longe,
Voordat Jou Hande Aan My Raak, (Aan My Raak).
Chorus
(Sal Nie Oorstelp ...) Sal Nie Oorstelp Die Warm Lewe,
Deur My Ledemate Voel Weer Klop,
Voordat Jou Stem My Voornaam Noem,
En My Beveel: Staan Op! (Staan Op).
Instrumental
Chorus
(Sal Nie Oorstelp ...) Sal Nie Oorstelp Die Warm Lewe,
Deur My Ledemate Voel Weer Klop,
Voordat Jou Stem My Voornaam Noem,
En My Beveel: Staan Op! (Staan Op).
Verse 3
Staan Op!
Jy Wat Gestorwe Lê In Joppe,
Verblind En Roerloos, Koud En Stom,
Jy Moet Jou Oë Oopmaak Tot Die Lig,
Dis My Voete Wat Na Jou Kom,
Wat Na Jou Kom.
Outro
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
8) Potchefstroom
Note: * Na Een Akkoord Beteken Akkoord Één Keer Aanslaan.
Intro
Intro
Verse 1
Halfvier Val Daar ′N Skaduwee,
Oor Erdewerk En Porselein,
Die Wind Waai Met 'N Geur Van Klip,
En Wa-A-Ater Oor Die Plein,
En Wa-A-Ater Oor Die Plein.
Interlude
Verse 2
Die Storm Aarsel En Bespring,
Die Wilgers Soos ′N Wilde Dier,
Die Donderweer Kruip Grommend Nader,
Oo-O-Oor Die Mooirivier,
Oo-O-Oor Die Mooirivier.
Chorus 1
By Noordbrug Word Daar Beeste,
Voortgedrywe Oor Die Straat,
'N Vrou Met Duifgrys Klere Aan,
Gaan Haal Haar Wasgoed Van Die Draad.
Interlude
Verse 3
Die Padwerkers In Lombardstraat,
Hou Vreesbevange Op Met Werk
Grys Duiwe Veer On Veer Onrustig,
Oor Die Duitse Sendingkerk,
Oor Die Duitse Sendingkerk.
Chorus 2
Daarbinne Is Die Blomme Dood,
Die Dag Tot Skemer Grou Gedoof,
Die Christus Van Mopani Hout,
Hang Weerloos Met Geboë Hoof.
Interlude
Instrumental
Outro
Daarbinne Is Die Blomme Dood,
Die Dag Tot Skemer Grou Gedoof,
Die Christus Van Mopani Hout,
Hang Weerloos Met Geboë Hoof.
Daarbinne Is Die Blomme Dood,
Die Dag Tot Skemer Grou Gedoof,
Die Christus Van Mopani Hout,
Hang Weerloos Met Geboë Hoof.
Daarbinne Is Die Blomme Dood,
Die Dag Tot Skemer Grou Gedoof,
Die Christus Van Mopani Hout,
Hang Weerloos Met Geboë Hoof.
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
9) Bly By My
Intro
Verse 1
Bly By My As Die Aandwind Yl Raak,
Die Koue Snerp Deur Murg En Been,
Waak Oor My As Die Wolketrane,
Triestig, Triestig Oor Ons Ween,
Staan By My As Die Aarde Kantel,
Die Stede Skuif En Die Wêreld Wankel.
Chorus
Bly By My,
Bly By My.
Verse 2
Voel My Roer In Die Donker Kamers,
Waar Stiltes Smelt En Woorde Word,
Hoor My Stem In Die Halflig Gange,
My Fluister Gly Oor Glas En Bord,
Sien My Lag Op 'N Helder Voorstoep,
Proe Die Son As My Lied Jou Naam Roep.
Chorus
Bly By My,
Bly By My.
Interlude
Verse 3
Reste Chez Moi Quand Le Vent Devient Froid,
Comme S'il A Des Dents Violents,
Soulage-Moi Quand Les Larmes Des Nuages,
Pleurent Tristement,
Garde-Moi Quand Le Monde Se Bouleverse,
Les Villes Glissent Et La Terre Se Renverse.
Chorus
Reste Chez Moi,
Reste Chez Moi.
Interlude
Verse 4
Bly By My As Die Aandwind Yl Raak,
Die Koue Snerp Deur Murg En Been,
Waak Oor My As Die Wolketrane,
Triestig, Triestig Oor Ons Ween,
Staan By My As Die Aarde Kantel,
Die Stede Skuif En Die Wêreld Wankel.
Chorus
Bly By My,
Bly By My,
Outro
Bly By My,
Bly By My,
Bly By My,
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
10) Kom Vannag In My Drome
Intro
Verse 1
Kom Vannag In My Drome,
As Dit Donker Is En Stil,
Reik My Jou Hand Deur Die Drome,
En Ons Sal Dwaal Waar Ons Wil.
Verse 2
Kom In Die Sterre Duister,
Sal Ek Jou Siel Erken,
Soos Elke Nag In Die Duister,
Sal Ek Jou Oë Ken.
Chorus
Soos Rook Sal Ons Siele Swewe,
Steil Deur Die Sterrenag,
Bo Oor Die Donker Berge,
Bo Oor Die Donker Nag.
Lief, As Jy Kom In My Drome,
Kom In Die Sterrenag,
En Ons Twee Dwaal Deur Die Drome,
Bo Oor Die Donker Nag.
Interlude
Chorus
Soos Rook Sal Ons Siele Swewe,
Steil Deur Die Sterrenag,
Bo Oor Die Donker Berge,
Bo Oor Die Donker Nag.
Lief, As Jy Kom In My Drome,
Kom In Die Sterrenag,
En Ons Twee Dwaal Deur Die Drome,
Bo Oor Die Donker Nag.
Outro
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
11) Jou Hart In My Hart
Intro
Verse 1
Jou Hart In My Hart Is 'N Helder Rivier,
Met Die Vroeg Oggendlig Wat Die Water Versier,
En Ons Liefde Is Sterk En Ek Hou Dit Net Hier,
Binne My,
Binne My.
Verse 2
Jou Hart In My Hart Is Die Ritme Wat Sing,
Dis Die Ryk Melodie Wat Die Liefde Kan Bring,
En Die Lig Van Die Lied Sal Die Donker Verdring,
Ons Harte,
Is Vry.
Interlude
Verse 3
Jou Hart In My Hart Is Die Lied Van Die See,
As Die Deining Jou Lig En Die Stroom Vat Jou Mee,
En Ons Ry Op Die Lied Wat Die Liefde Ons Gee,
Kan Jy,
Dit Hoor?
Verse 4
Jou Hart In My Hart Is 'N Ster Wat Verskiet,
En Sy Hemelse Lig Oor Ons Liggame Giet,
En Ons Harte Is Bly Want Ons Hoor Weer Die Lied,
Die Engel,
Koor.
Interlude
Verse 5
Jou Hart In My Hart Is 'N Rustige Berg,
Wat Die Liefde Wat Was In Sy Skadu Verdwerg,
En Die Wolke Daar Bo Met Sy Bergpieke Terg,
Ons Harte,
Sing.
Outro
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
12) Jy’s My Baby, Dis Wie Jy Is
Intro
Verse 1
Jy's Die Oggend In My Opstaan,
As Die Donker Nag Gaan Slaap,
Ek Lê Lomerig In Jou Arms,
As Jy "Môre" Vir My Gaap,
Ons Klim Lui-Lui Uit Ons Droom Bed,
Daar's So Baie Om Te Doen,
Dan Lag Ek Lekker In Die Stilte,
As Jy My Vir Oulaas Soen.
Verse 2
Ons Stort, Ek Skeer, Jy Borsel Tande,
Dis Ons Oggend-Ritueel,
Dan Sit Ons Saam Op Ons Balkon,
En Sien Die Son Strale Speel,
Oor Leeukop Af Tot By Die Hawe,
Deur Die Digte Oggendmis,
Dan Lees Ek Diep In Jou Mooi Oë,
Jy's My Baby, Dis Wie Jy Is.
Interlude
Verse 3
Een Dag Loop Soos Al Die Ander,
Dis 'N Dol Gejaag Na Wind,
Nader Kom Ons Aan Die Oomblik,
Dat Ons Oë Mekaar Weer Vind,
Jy Sê Saggies "Hallo Liefling",
En My Hart Gee Klop 'N Mis,
Dan Roep My Wese Uit Na Jou Toe,
Ek's Jou Baby, Dis Wie Ek Is.
Interlude
Bridge
Met Jou Stap Ek Deur Die Lewe,
Met Jou Stap Ek Deur Die Niks,
Gaan Mens Kan Jou Ooit Vervang Nie,
Want Jy's My Baby, Dis Wie Jy Is.
Outro
(La La La La Laa),
(Laa La Laa La La La),
(Laa Laa Laa Laa Laa),
(Laa La Laa La La La),
(Laa Laa Laa Laa Laa),
(Laa La Laa La La La),
(La La La La Laa),
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *
13) Bly By My (Reprise)
Intro
Verse 1
Bly By My As Die Aandwind Yl Raak,
Die Koue Snerp Deur Murg En Been,
Waak Oor My As Die Wolketrane,
Triestig, Triestig Oor Ons Ween,
Staan By My As Die Aarde Kantel,
Die Stede Skuif En Die Wêreld Wankel.
Chorus
Bly By My,
Bly By My.
Verse 2
Voel My Roer In Die Donker Kamers,
Waar Stiltes Smelt En Woorde Word,
Hoor My Stem In Die Halflig Gange,
My Fluister Gly Oor Glas En Bord,
Sien My Lag Op 'N Helder Voorstoep,
Proe Die Son As My Lied Jou Naam Roep.
Chorus
Bly By My,
Bly By My.
Interlude
Verse 3
Reste Chez Moi Quand Le Vent Devient Froid,
Comme S'il A Des Dents Violents,
Soulage-Moi Quand Les Larmes Des Nuages,
Pleurent Tristement,
Garde-Moi Quand Le Monde Se Bouleverse,
Les Villes Glissent Et La Terre Se Renverse.
Chorus
Reste Chez Moi,
Reste Chez Moi.
Interlude
Verse 4
Bly By My As Die Aandwind Yl Raak,
Die Koue Snerp Deur Murg En Been,
Waak Oor My As Die Wolketrane,
Triestig, Triestig Oor Ons Ween,
Staan By My As Die Aarde Kantel,
Die Stede Skuif En Die Wêreld Wankel.
Chorus
Bly By My,
Bly By My.
Outro
* * * * * * * * * * * * * * * * * * *