Bpm: 120
Released: 26 May 2010
Album: Supernova
Intro
Verse 1
Ek Wonder Of Jy Wakker Skrik,
En Onbeholpe Aan My Dink,
Ek Wonder Of Jy Koffie Maak,
En Wonder Waarom Het Ek Jou Verlaat.
Verse 2
Trek Jy Die Swaar Gordyne Oop,
En Sien My In Die Straat Af Loop,
Ek Wonder Of Jy Wil Onthou,
En Watter Woorde Jy Berou.
Chorus
Ons Afskeid Was So Blindelings,
So Tastend In Die Donker,
Net Die Gode Sal Verstaan, (Die Gode Sal Verstaan),
En Eendag Sal Die Stof Gaan Lê,
En Sal Jy Sien Jy Was My Eerste Liefde,
My Teerste Liefde.
Verse 3
Ek Wonder Of Die Silwer Maan,
Nog Laggend Deur Jou Lewe Gaan,
Of Is Jou Nagte Hard En Koud,
En Veg Jy Net Om Selfbehoud,
Verse 4
Ek Wonder Of Jou Lag Weerklink,
En Of Jou Oë Nog Helder Blink,
Of Is Jy Deesdae Stil En Stroef,
Die Lyne Om Jou Mond 'N Groef?
Chorus
Ons Liefde Was So Blindelings,
So Tastend In Die Donker,
Net Die Gode Sal Verstaan, (Die Gode Sal Verstaan),
En Eendag Sal Die Son Weer Skyn,
En Sal Jy Sien Jy Was My Eerste Liefde,
My Teerste Liefde.
Chorus
Chorus
Ons Liefde Was So Blindelings,
So Tastend In Die Donker,
Net Die Gode Sal Verstaan, (Die Gode Sal Verstaan),
En Eendag Sal Die Son Weer Skyn,
En Sal Jy Sien Jy Was My Eerste Liefde,
My Teerste Liefde,
My Seerste Liefde,
Outro
Ek Wonder Of Jy Soms,
Ek Wonder Of Jy Soms,
Ek Wonder Of Jy Soms,
Ek Wonder,
Ek Wonder Of Jy Soms,
Ek Wonder Of Jy Soms,
Ek Wonder Of Jy Soms,
Ek Wonder, Ek Weet.