Chordyes

Die Ruiter Van Skimmelperdpan

Emile Minnie의 Die Ruiter Van Skimmelperdpan 가사

Bpm: 120 Released: 1 September 2012 Album: Anderkant Die Ewigheid Intro Verse 1 Langs Die Pad Wat Verdwyn In Die Skimmelperdpan, By 'N Draai In Die Mond Van Die Kloof, Het 'N Bom In Die Oorlog 'N Vlugtende Man, Op 'N Perd Soos 'N Swaardslag Onthoof. Verse 2 Aan Die Saalboom Krampagtig Die Hande Verstyf, Met 'N Laaste Stuiptrekkende Krag, En Die Bene Geklem Soos 'N Skroef Om Sy Lyf, Op Die Perd Sit Die Grusame Vrag. Chorus Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Die Ruiter Van Skimmelperdpan. Interlude Verse 3 Met Sy Neusgate Wyd En Die Ore Op Sy Nek, Soos Die Wind Yl Verbysterd Die Dier, Met Die Skuim In Wit Vlokke Wat Waai Uit Sy Bek, En Gespan Soos 'N Draad Elke Spier. Verse 4 By Die Huisie Verby Waar 'N Vrou Staan En Kyk, In Die Afkopding Ken Sy Haar Man, Met 'N Onaardse Gil Val Sy Bleek Soos 'N Lyk, Perd En Ruiter Verdwyn In Die Pan. Chorus Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Die Ruiter Van Skimmelperdpan. Interlude Verse 5 Wee Die Reisiger Wat Daar Onwetend Kom Skuil, Waar Bouvallig Die Huisie Nog Staan, En Vreesagtig By Wyle 'N Nagdiertjie Huil, By Die Newelige Lig Van Die Maan. Verse 6 Want By Middernag Waai Daar 'N Wind Deur Die Kloof, Waai En Huil Soos 'N Kindjie Wat Kerm, En Dan Jaag Daar 'N Perd Met 'N Man Sonder Hoof, Wie Dit Sien, Roep Verskrik: "Heer, Ontferm!". Chorus Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Die Ruiter Van Skimmelperdpan. Interlude Verse 7 Want Die Vuurvonke Spat Waar Die Hoefslae Dreun, En Dit Vlam Uit Sy Neus En Sy Oog, Styf En Stram Sit Die Ruiter Na Vore Geleun, En Die Bloed Uit Sy Nek Spuit 'N Boog. Verse 8 En Dan Eensklaps Vanuit Die Vervalle Gebou, Kom 'N Vreeslike Skrikbeeld Gevaar, Al Die Hare Orent – 'N Waansinnige Vrou, Met 'N Hande-Wringend Gebaar. Chorus Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Die Ruiter Van Skimmelperdpan. Interlude Verse 9 "Waarom Rus Jy Nie, Rus Jy Nie, Jan Van Der Meer? Waarom Jaag Jy My Elke Nag Op? Sal Daar Nimmer 'N Einde Kom ... Altyd Maar Weer, Die Galop ... Die Galop ... Die Galop?!" Verse 10 Die Afgryslike Klank – Nog Gehuil Nog Gelag, En Die Perd Met Die Romp Van 'N Man, Dis Geen Plek Vir 'N Christenmens Daar In Die Nag, Langs Die Pad Na Die Skimmelperdpan. Outro Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Wie Is Die Ruiter? Die Ruiter Van Skimmelperdpan. Ek Is Die Ruiter? En Jy Is Die Ruiter? Ons Is Die Ruiters? Die Ruiters Van Skimmelperdpan.