Bpm: 123
Released: 26 May 2004
Album: Onderwater Drome
Intro
Verse 1
As My Polsslag Laer As Veertig Daal,
As Ek Soggens Met Moeite Regopstaan,
As My Hare Yler En Yler Word,
As My Jare Steiler En Steiler Word.
Verse 2
As My Kop Lawaai En My Oë Word Stil,
As Ek Overdose Op 'N Bitter Pil,
As Die Spierwit Jasse My Kom Haal,
Sal Jy Bid En Smeek, Sal Jy Borg Betaal?
Chorus
Sal Jy My Liefhê?
Sal Jy My Liefhê?
Sal Jy My Liefhê?
Verse 3
En As My Stilte In Jou Ore Sing,
As Die Mure Om My Al Wyer Kring,
As My Dade Dolke Deur Jou Steek,
Sal Jou Hart Soos Wolke Oor My Breek?
Verse 4
En As My Lente In Die Herfs Gaan Lê,
As My Woorde Al Hoe Minder Sê,
As My Dood Die Wind Uit Jou Seile Slaan,
Sal Jy Wegsink, Sal Jy Voort Kan Gaan?
Chorus
Sal Jy My Liefhê?
Sal Jy My Liefhê?
Sal Jy My Liefhê?
Verse 5
En As My Stilte In Jou Ore Sing,
As Die Mure Om My Al Wyer Kring,
As My Dade Dolke Deur Jou Steek,
Sal Jou Hart Soos Wolke Oor My Breek?
Verse 6
En As My Lente In Die Herfs Gaan Lê,
As My Woorde Al Hoe Minder Sê,
As My Dood Die Wind Uit Jou Seile Slaan,
Sal Jy Wegsink, Sal Jy Voort Kan Gaan?
Chorus
Sal Jy My Liefhê?
Sal Jy My Liefhê?
Sal Jy My Liefhê?
Outro