Chordyes

Jy Was Lief Vir My

Jy Was Lief Vir My Lyrics by Emile Minnie

Bpm: 120 Released: 26 June 2010 Album: Supernova Intro Verse 1 Ons Liefde Was Die Sekelmaan, 'N Roos, 'N Blom, 'N Vreugdestraan, Nou's My Nagte Koud En Leeg, 'N Doodloopstraat In Elke Steeg. Verse 2 Ons Oë Was Vol Verwondering, 'N Wolk, 'N Boom, 'N Kind Wat Sing, Nou Bly Ek Verslae Staan, En Kyk Hoe Liefde Weg Kan Gaan. Chorus Jy, Jy Was Lief Vir My, Jy, Jy Was Lief Vir My. Interlude Verse 3 Ons Het Saam Geëet, Saam Gelag, Saam Gebad In Die Middel Van Die Dag, Nou Was Ek My Bord Alleen, En Kyk Hoe Huil Die Sagte Reën. Verse 4 Ons Het Vasgesit, Kwaad Geraak, Dit Uitgepraat En Vrede Gemaak, Nou's My Lewe Sonder Stry, Ek Stem Altyd Saam Met My. Chorus Jy, Jy Was Lief Vir My, Jy, Jy Was Lief Vir My. Interlude Instrumental Verse 5 Ek Was Moeg Gewag, Moeg Gepraat, Die Afstand Het Te Groot Geraak, Jy't My Van Jou Weggestoot, Gesê Jy Sien My Nou As Dood. Verse 6 Nou Loop Ek My Pad Alleen, Is Ek Spyt? Ja En Nee, Die Lewe Is 'N Harlekyn, Liefde Is Gemeng Met Pyn. Chorus Jy, Jy Was Lief Vir My. Jy, Jy, Jy, Jy Was Lief Vir My. (Jy) , Jy Was Lief Vir My, (Jy), Jy Was Lief Vir My. Outro