Verse 1
Het Jy Al Probeer Om Te Tel
Hoeveel Liggies Daar Brand In 'N Plek
So Groot As Die Stad
Het Jy Al Geluister Na Stilte Gefluister
Gewonder Wat Hul Jou Vertel
Gewonder Wat Hul Jou Vertel
Chorus
Sing Ons Van Liefde En Vreugde
Sing Ons Van Eensaamheid
Sing Ons Ook Soms Van Die Smarte
Wat Huiwer In Elkeen Se Hart
Verse 2
Het Jy Al Probeer Om Te Raai
Hoeveel Vissies Daar Swem In Die Plek
So Groot As Die Kaai
Het Jy Al Gedink Of Soms Net Gewonder
Of Vrees Hul Die Tande Van 'N Haai
Vrees Hul Die Tande Van 'N Haai
Chorus
Sing Ons Van Liefde En Vreugde
Sing Ons Van Eensaamheid
Sing Ons Ook Soms Van Die Smarte
Wat Huiwer In Elkeen Se Hart
Verse 3
Het Jy Al Probeer Om Te Vra
Hoeveel Mense Daar Woon In 'N Land
Soos Suid-Afrika
Was Jy Al Op Danse Of Begrafnis Met Kranse
Ken Ons 'N Ander Se Hart
Ken Ons 'N Ander Se Hart
Chorus
Sing Ons Van Liefde En Vreugde
Sing Ons Van Eensaamheid
Sing Ons Ook Soms Van Die Smarte
Wat Huiwer In Elkeen Se Hart
Sing Ons Ook Soms Van Die Smarte
Wat Huiwer In Elkeen Se Hart