Intro
Verse 1
Montagu-U-U Ek Drink Jou Muskadel
Ek Sit Hier Op My Rusbank, My Voete Op 'N Springbokvel
Die Klein Karo-O-O, Of 'N Kannaland
Die Son Steek Die Langeberge Aan Die Brand
Verse 2
Sê Vir My, Nou Wie Is U?
'N Hofmeyer Van Montagu
Getroud Met Van Deventer Van Barrydale
Ek Ken Jou Pa Se Tante Op Bonnievale
Ja, Sy Was Le Grange Van Ladysmith
Rossouw Is Sy Getroud, Ja Nou Verstaan Ek Dit
Verse 3
O Kafeetjie Op Die Hoekie Het 'N Rooi Sinkdak
Die Mure Is Vol Advertensies Geplak
Drink 'N Coca-Cola, Rook Springbok Tabak
En Buite In Die Son Daar Leeeê 'N Slapende Brak
Interlude
Verse 4
Die Kogmanskloof, Die Outiniquas
Wit Lê Die Sneeu Op Die Tradoupas
So Krom Soos Die Nekkie Van 'N Kalbaspyp
En Stadig Word Die Brandewyn Druiwe Ryp
Interlude
Verse 5
Montagu-U-U Ek Drink Jou Muskadel
Ek Sit Hier Op My Rusbank, My Voete Op 'N Springbokvel
Die Klein Karo-O-O, Of 'N Kannaland
Die Son Steek Die Langeberge Aan Die Brand, Hey!
Outro