Released: 2 Jan 2005
Album: Koos Wie?
Verse 1
Goeie More, Goeie Middag, Goeie Naand,
Baie Dankie Vir 'N Wonderlike Aand,
Veels Geluk En Bly Te Kenne, Vat Die Hand,
Simpatie Want Ek Voel Saam Met Jou Vanaand.
Chorus
Dis Alles Woorde,
Net Leë Woorde,
Op Vals Akkoorde,
En Almal Sing Dit, Almal Sing Ja, Almal Sing Dit Saam.
Verse 2
Alle Sterkte En Onthou Daar's Krag Na Kruis,
Kom Weer Kuier En Sê Groete By Die Huis,
Ons Hou Almal Duim Vas, Kom Tog Veilig Tuis,
Doen Jou Plig En Eendag Sal Jy Almal Wys.
Chorus
Dis Alles Woorde,
Net Leë Woorde,
Op Vals Akkoorde,
En Almal Sing Dit, Almal Sing Ja, Almal Sing Dit Saam,
Vaarwel.
Outro
Net Leë Woorde,
Op Vals Akkoorde,
Vaarwel.