Intro
Verse 1
Sal Ons Oud Word Soos Dit?
Sal Al Die Spoke En Duiwe
Wapper In Ons Wasgoed
In Die Laatoggend-Wind?
Dink Jy Ons Seuns Sal Ons Soek
As Dit Donker Word?
Jou Hart Is Ons Lig My Kind
Verse 2
Kom Jy Om By Die Draai?
Kom Jy Met Al Jou Mantel
En Al Jou Stories
Van Toe Daardiedaai?
Ken Jy Die Pad
Op Jou Towermat Van
Enigeiets Is Moontlik
En Enigeiets Is Klein In Die Blou?
Chorus
Ons Is Kleiner Nou
As Ooit Vantevore
En Ek Wonder Nou
Of Daar Iets Van Ons Oor Is
As Ons Hierdie Ding Deursien?
Deursien
Verse 3
Kom Jy Weer Met Die Son?
Kom Jy Alom Met 'N Dag Wat Ons In Die Geheim
In Ons Breine Laat Brand
Sien Jy My Mooiste Herinneringe
Gloei Soos 'N Somer
Soos Jonkwees En Goedwees By Jou
Kom Jy Terug Met Die Wyn?
Kom Jy Soos Wilde Perde En Wondervrede?
Want Liefde Is Pyn
Maar Sien Jy My Mooiste Herinneringe
Bloei Soos 'N Somer
Van Jonkwees En Goedwees By Jou?
Chorus
Ons Is Kleiner Nou
As Ooit Vantevore
En Ek Wonder Nou
Of Daar Iets Van Ons Oor Is
As Ons Hierdie Ding Deursien?
Deursien
Ons Is Kleiner Nou
As Ooit Vantevore
En Ek Wonder Nou
Of Daar Iets Van Ons Oor Is
As Ons Hierdie Ding Deursien?
Deursien