Verse 1
O Christus, Ons Verlange,
U Het Ons Heil Gebring.
Sal Ooit Ons Jubelsange
U Lof Na Waarde Sing?
Vervul In Welbehae
Ons Harte Met U Gees;
Skenk Ons In Hierdie Dae'
'N Ware Christusfees.
Verse 2
U Wat As Hemelkoning
In Heerlikheid Regeer,
Maak Onder Mense Woning
Daal As 'N Dienskneg Neer -
En Herders Vind 'N Herder
Oor Wie Hul Dankbaar Juig;
En Wyses Vind Die Wysheid
Voor Wie Hul Biddend Buig.
Verse 3
Soos Kinders Met "Hosannas"
Hul Koning Bly Ontmoet,
En Sion Sy Messias
Met Jubels Kon Begroet
So Wil My Lied U Vrede,
U Heerskappy Besing;
My Lof En Dankgebede
U Juigend Hulde Bring.
Verse 4
Ek, Magteloos Gebonde,
Word Weer Deur U Bevry;
Ek Is Bevlek Met Sonde
U Kom En Reinig My.
Nou Leef My Dankgebede
Nou Kan Ek Sing En Dien!
Nou Kan Ek Sterf In Vrede
Ek Het My Heer Gesien!