Bpm: 105
Single Released: 28 Nov 2025
Note: Jy Kan Ook Gewoon Alleen Die A En D Akkoorde Speel.
* Na Een Akkoord Beteken Akkoord Één Keer Aanslaan.
Intro
Verse 1
Ek's Nie By Nie,
En Ek Sukkel Om My Sinne Vol Te Maak,
Dis Nie Jy Nie,
Maar Dit Pla My As Ons Al Hoe Minder Praat.
Pre-Chorus
En Ek Vra Al Weer Vir Tyd Om Stil Te Staan,
Sodat Golwe Ophou Luister Na Die Maan,
En Ek Vra Al Weer Vir Alles Om Te Stop,
Vir 'N Oomblik, Al Is Dit Net 'N Oomblik.
Chorus
Sy Praat In Tale Wat Ek Nie Verstaan Nie,
En Al Die Klanke Kan Ek Nie Vertaal Nie,
Ek Voel Die Vlamme Raak Al Kouer,
Kouer, Kouer, Ek's Ouer Maar Nie Wyser Nie,
Ons Trap Al Dieper In Mekaar Se Spore,
En As Ons Sing, Sing Ons Verkeerde Woorde,
So Vat My Saam En Ons Word Ouer,
Ouer, Ouer, Ouer Maar Nie Wyser Nie.
Verse 2
Ek En Jy
Ons Sukkel Om Ons Asems Op Te Hou,
Vir Die Tyd,
Wat Dit Vat Om Ons Gevoelens Uit Te Hou.
Pre-Chorus
En Ek Vra Al Weer Vir Tyd Om Stil Te Staan,
Sodat Golwe Ophou Luister Na Die Maan,
En Ek Vra Al Weer Vir Alles Om Te Stop,
Vir 'N Oomblik.
Chorus
Sy Praat In Tale Wat Ek Nie Verstaan Nie,
En Al Die Klanke Kan Ek Nie Vertaal Nie,
Ek Voel Die Vlamme Raak Al Kouer,
Kouer, Kouer, Ek's Ouer Maar Nie Wyser Nie,
Ons Trap Al Dieper In Mekaar Se Spore,
En As Ons Sing, Sing Ons Verkeerde Woorde,
So Vat My Saam En Ons Word Ouer,
Ouer, Ouer, Ouer Maar Nie Wyser Nie.
Outro
Ons Trap Al Dieper In Mekaar Se Spore, (In Mekaar Se Spore),
So Vat My Saam En Ons Word Ouer,
Ouer, Ouer, Ouer Maar Nie Wyser Nie.