Bpm: 107
Released: 30 Nov 2018
Intro
Verse 1
Die Kole Gloei Soos Vroeër Aande,
Maar Die Vuur Is In My Kop,
En 'N Ysige Wind Skroei My Hande,
Vas Om Die Beker Met Dop.
Verse 2
Die Ryp Is 'N Vlam Om My Voete,
Maar Die Koue Brand In My Bors,
En Ek Drink En Ek Dink Aan Die Soeter,
Wyn Teen Die Groter Dors.
Chorus
Met 'N Koue Hart Tot Die Môre-Uur,
Drink Ek Teen Die Vuur In My Kop,
En Ek Voel Die Koue, Ek Voel Die Vuur,
Vreet My Stuk Stuk Op,
Vreet My Stuk Stuk Op.
Interlude
Verse 3
Daar’s Teveel Met Die Wêreld Gefoeter,
Daar’s Teveel Met Die Mense Gemors,
En Ek Drink En Ek Dink Aan Die Soeter,
Wyn Teen Die Groter Dors.
Chorus
Met 'N Koue Hart Tot Die Môre-Uur,
Drink Ek Teen Die Vuur In My Kop,
En Ek Voel Die Koue, Ek Voel Die Vuur,
Vreet My Stuk Stuk Op,
Vreet My Stuk Stuk Op.
Interlude
Verse 4
En Die Helde Na Al Die Geploeter,
Lê Diep In Die Aarde Se Kors,
En Ek Drink En Ek Dink Aan Die Soeter,
Wyn Teen Die Groter Dors.
Outro
Met 'N Koue Hart Tot Die Môre-Uur,
Drink Ek Teen Die Vuur In My Kop,
En Ek Voel Die Koue, Ek Voel Die Vuur,
Vreet My Stuk Stuk Op.
Met 'N Koue Hart Tot Die Môre-Uur,
Drink Ek Teen Die Vuur In My Kop,
En Ek Voel Die Koue, Ek Voel Die Vuur,
Vreet My Stuk Stuk Op,
Vreet My Stuk Stuk Op.