Verse 1
Uit Dieptes, Gans Verlore,
Van Redding Ver Vandaan,
Waar Hoop Se Laaste Spore
In Wanhoop My Vergaan;
Uit Diep Van Donker Nagte
Roep Ek, O Here, Hoor,
En Laat My Jammerklagte
Tog Opklim In U Oor!
Verse 2
As U, O Heer, Die Sonde
Na Reg Wou Gadeslaan,
Wie Sou Een Enkel Stonde
Voor U, O Heer, Bestaan?
Maar Nee, Daar Is Vergewing
Altyd By U Gewees;
Daarom Word U Met Bewing
Reg Kinderlik Gevrees.
Verse 3
Soos Een Wat Op Die Mure
As Wagter Uitgestel,
Gedurigdeur Die Ure
Met Sy Gedagte Tel –
Só Wag My Siel, En Sterker,
Gedurig Op Die Heer,
Tot Hy, Die Ligbewerker,
Die Nag In Daagraad Keer.
Verse 4
Hoop, Isr’el, In Jou Klagte;
Vertrou, O Volk, Wat Treur;
Sy Guns Verduur Die Nagte,
Sy Heil Breek Eind’lik Deur.
Dan Skyn ’N Soete Vrede:
Gans Israel Word Vry
Van Ongeregtighede.
Heer, Doen Ook So Aan My!