Verse 1
Daar’s ‘N Koning Wat Regeer
Hy’s Ewig En Onwankelbaar
As Hy Praat Bewe Die Aarde
Sy Almag En Sy Waarde Is Onmeetbaar
Verse 2
Hy’s ‘N Vesting In Die Storm
’N Toevlug As Die Berge Om Ons Val
Elke Wapen Wat Gemaak Word
Sal Breek Onder Die Almag Van Sy Hand
Koor
Lig Op Jou Oë, Kom Kyk En Sien
Die God Van Die Leërskare
Hy Heers Oor Die Aarde
Wees Stil En Weet,
Hy Is Jou God
Hy Is Hoog Verhewe
Hy Regeer Verewig
Verse 3
Daar’s ‘N Koning Wat Regeer
Die Soom Van Sy Kleed Vul Die Tempel
Ons Leier In Oorwinning
Dis Hyself Wat Voor Ons Uit Sal Gaan
Verse 4
Al Lyk Alles Uit Beheer
Is Hy Steeds Op Die Troon Van Genade
Koninkryke Wankel
Maar Dié Wat Op Die Rots Is Sal Bly Staan
Outro
Hy Wat Hoër As Die Berge Is
Hy Wat Bo Al Die Storms Heers
Hy Wat Sterker As Die Sterkste Winde Is
Ek Kyk Op, Ek Kyk Op Na U