Bpm: 160
Released: 28 Febr 2020
Album: Dis Tyd
Intro
Verse 1
Nêrens Is Die Hemelruim So Mooi Nie,
Soos As Jy Op Kyk In Die Bosveld Sterre Nag,
En Nêrens Lê Die Duine Sand So Rooi Nie,
Soos In Die Middel Van Die Kalahari Prag,
Al Staan Ek ‘N Duisend Myle Ver,
Ander Kant Die Verste Stêr Sal Ek Altyd Na Jou Verlang,
In ‘N Vreemde Plek, Vreemde Stad Is Daar Heeltyd Heimwee In My Hart,
Ek Mis Jou, My Mense, My Taal.
Chorus
Want My Huis Is Waar My Hart Is,
En My Hart Is Daar By Jou, Suid Afrika.
Interlude
Verse 2
Waar Die Weskus Branders Oor My Voete Spoel,
En Ek Jou Son Lig Op My Gesig Kan Voel,
Waar Ek In Die Wilgerboom Se Koeltes Lê,
En Waar Tafelberg Vir My Nag Kom Sê,
In Jou Arms Is Waar Ek Hoor,
Ja, Jy Is Enig In Jou Soort My Liefde Vir Jou Sal Nooit Vergaan,
In My Siel Lê Jy Uit Gekerf Vir Jou Sal Ek Lewe Ek Sal Sterf,
My Land, My Mense, My Taal.
Chorus
Want My Huis Is Waar My Hart Is,
En My Hart Is Daar By Jou,
En As Dit Tyd Vir My Laaste Asem Is,
Mag Ek My Oë Toe Maak By Jou.
Outro
Suid Afrika, Ek Vir Jou,
Suid Afrika, My Land My Tand,
Suid Afrika, Ooh Oooh,
Suid Afrika, Oeh Oeh,
Suid Afrika.